RIVERSDAL NUUS - Die massasterilisasie van honde in die Riverville-stadion begin op Maandag 9 Oktober en duur tot Woensdag 11 Oktober.
Dié veldtog word jaarliks deur die Community Animal Rescue Society (CARS) aangepak om te verseker dat ongesteriliseerde honde nie blindings aanteel nie.
Daar is plek vir slegs 150 diere. Indien jy in Riversdal woon en jy wil graag jou troeteldier steriliseer, kan jy CARS se voorsitter, Sandra Lotz, kontak.
Sandra sê om te kwalifiseer moet elke dier se eienaar individueel aansoek doen deur hul naam, van, adres, selfoonnommer, dier se geslag en naam vir haar te WhatsApp. Slegs diere wat op die lys is sal gesteriliseer word.
"As besighede of inwoners ook kan help met 'n kontantbydrae sodat ons brandstof kan aankoop vir die vervoer van die diere na en van hul huise. Dis beloop nogal 'n aardige bedrag."
Skakel of WhatsApp Sandra by 082 962 1831.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’