MELKHOUTFONTEIN NUUS - Badisa Stilbaai, Melkhoutfontein-biblioteek en die Werk vir Vuur-span het die kinders van Melkhoutfontein betrek om op Maandag 18 Julie te help skoonmaak ter viering van Mandeladag.
Vrede Michaels het vir die kinders gesê dat jy altyd gemors moet opruim in jou buurt en dat jy vir die munisipaliteit moet wag nie.
Hulle het ook komberse, geskenk deur PEP Stores in Stilbaai, aan weerlose oumense oorhandig.
Hestrie Prins van Badisa het dit gekoördineer.
Die jong kinders maak die sypaadjies mooi skoon.
Kinders fluks besig om vullis in Melkhoutfontein op te ruim ter viering van Mandeladag.'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Karoo nuus'