ALBERTINIA NUUSFLITS - Die bestuurder van ‘n wit Audi is Saterdag 9 Desember ongeveer 19:40 dood nadat hy blykbaar beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.
Die voorval het ongeveer 10 km vanaf die N2 op die Hectorskraalpad onderweg na Stilbaai gebeur.
Ryno Manho (32) is op die toneel oorlede.
Twee van die insittendes is ernstig beseer.
Hulle is volgens inligting van Albertinia afkomstig.
Volgens die stasiebevelvoerder van Albertinia-polisiestasie, kaptein Susan Botha is ‘n saak van strafbare manslag geopen.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'