Update
ALBERTINIA NUUS - 'n 35-jarige man is Donderdag 27 April, op heter daad met gesteelde eiendom betrap danksy die flinke optrede van konst. Ashwill Gelderblom.
Konst. Gelderblom het die verdagte in Bloekomparklaan opgemerk waar hy onderweg was na sy woning met 'n voertuigbattery in sy besit. Hy het die battery glo by Albertinia-meubelvervoer vasgelê.
Met verdere ondersoek is vasgestel dat die battery vanuit 'n voertuig geneem is wat aan Albertinia-meubelvervoer behoort.
Die verdagte is gearresteer en gaan op Donderdag 4 Mei in die plaaslike landdroshof verskyn waar hy om borgtog gaan aansoek doen. Die polisie gaan borgtog teenstaan.
Kapt. Susan Botha, stasiebevelvoerder, het die lid bedank vir sy toegewyde harde werk en gesê met die gemeenskap se hulp sal misdaad daadwerklik bekamp kan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’