STILBAAI NUUS - Met die Covid-19-pandemie nou hopelik iets van die verlede en die grense weer oop, kan mens nou weer jou droombestemmings besoek.
Maar waarom soontoe vlieg as jy die atmosfeer en heerlike kos hier in Stilbaai kan ervaar.
Magda Niemand, eienaar van Lilliput, het haar tweede asem gekry en besluit om die eksotiese plekke wat sy al besoek het na Stilbaai te bring en heerlike tema-aande aan te bied.
Sy het dus op Vrydag 28 Oktober 'n klompie Stilbaaiers bymekaar gebring by Lilliput om 'n paar van haar planne te deel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'