Gallery
HESSEQUA NUUS - Die skool se gr. R-leerders het onlangs tydens hul loopbaandag hul onderwysers en ouers gewys wat hulle graag na skool sal wil wees.
Hoewel die nagenoeg 100 kleuters van die vier klasse nog kinders is, het hulle duidelik getoon in watter rigting hulle graag eendag hul brood en botter sal wil verdien. Hulle was behoorlik uitgedos soos wat van hul beoogde loopbane vereis sal word.
Hoewel daar nie die jaar plaaslike ambulans- en polisiedienste- asook verkeerspersoneel teenwoordig was nie, het hul onderwysers hulle na die plaaslike kliniek en ambulansstasie toe geneem sodat hulle eerstehands kon sien wat daardie soort loopbane alles behels.
Die vier gr. R-klasse saam met hul onderwysers,van wie ook drie in 'uniforms' uitgedos was. Foto's: Clive Pretorius, korrespondent
Daar was 'n groot verskeidenheid van loopbaankeuses te bespeur, waaronder polisie, verkeer, justisie, medies wat onder andere verpleegkunde, nooddienste, weermag en konstruksiewerkers uitgebeeld het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'