STILBAAI NUUS - Johannes Guillaume Steyn het rondom 1880 vir hom 'n huis gebou op die westelike oewer van die Goukourivier baie naby aan waar die palinggat fontein die rivier invloei.
Hierdie is ook die oudste vakansiehuis in Stilbaai.
In 1896 het Dirk Versfeld die huis gekoop en dit Riverina genoem.
Hy het die gewoonte gehad om stiptelik elke oggend die Union Jack voor die huis te hys en dit het aanleiding gegee vir die totstandkoming van die naam "Little England" vir die buurt.
Sy kleinseun David James het die huis pragtig gerestoureer in 1995.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’