ALBERTINIA NUUS - Elma Matthee, voorsitter van die Leeskring in Albertinia, het 'n uitstalling oor die Paasfees in die plaaslike biblioteek gehou.
Elma, wat reeds 22 jaar in die dorp woon, sê die inspirasie vir dié uitstalling het gekom toe Selma Prins van die biblioteek, haar genader om iets spesiaal te doen.
"Die woorde in die agtergrond - Raak opnuut bewus van die Kruis - is sodat ons as mens nooit sal vergeet van die kruisdood van Jesus nie."
"Die kruis is gemaak van dryfhout en die spyker se rooi punte is Sy bloed wat gevloei het vir ons. Die swart son in die regterkant is die duisternis wat geheers het tussen 12:00 en 15:00. Die opgerolde doek op die voetstuk is Sy kopdoek, wat dan die teken is dat Hy opgestaan het."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’