HEIDELBERG NUUS - Die seisoen het op Saterdag 2 September met 'n lekker lentedans by die skouterrein afgeskop.
Die hoogtepunt van die aand was die kroning van Mnr. en Mej. Lente, asook Mej. Lentebloeisel.
Niemand was dit egter te wagte dat 'n Mev. Lente gekroon gaan word nie.
Volgens Chantel van Staden was die aand 'n reusesukses. "Almal was gesellig en het lekker geëet. Die atmosfeer was lenteheerlikheid wat beslis die hele aand geheers het."
ARTIKEL: ALETTA SUTHERLAND, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'