Gallery
RIVERSDAL NUUS - Waatlemoenpitte het gespat met die voortrekkers se jaarlikse waatlemoenfees wat hulle in Februarie gehou het.
Oud en jonk het mekaar gegooi, gesmeer en baie het tyd gemaak om van die waatlemoen te eet.
Goeie dissipline het gesorg dat niemand seerkry nie.
Spanne moes na die tyd opruim en help om mekaar af te spoel. Voortrekkers bly deur die jaar besig en leer gereeld nuwe vaardighede.
Almal het dit baie geniet en kan nie wag vir die volgende keer nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'