STILBAAI SKOLE NUUS - Die skool se kleure-atletiek is op 27 Januarie gehou.
Na 'n kop-aan-kop stryd het die rooi- en blouspan vir die eerste keer gelykop geëindig, maar die blouspan het met die geesbeker weggeloop.
Die junior ludorums was Luané Janse van Rensburg en Quentin Schutte. Regan van Reenen en Tewie Lategan is as senior ludorums aangewys.
Agter, van links: Regan van Reenen, mnr. Nicky Deetlefs (skoolhoof) en Tewie Lategan. Voor: Luané Janse van Rensburg en Quentin Schutte.
Die leiers van die kleurgroepe is van links: Daon Muller, Daniël du Preez, Lee-Ann Matthee, mnr. Nicky Deetlefs, Danelle Roberts, EW Maritz, Isabella Vorster en Llewellyn Maree. Voor: Jo-Winn Kortjé.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'