Gallery
WITSAND NUUSFLITS - Oor die jare heen is die Kraaltjie-lanseerplek ’n landmark waarvan baie besoekers en gebruikers van die rivier afhanklik is.
Dit is hierdie soort infrastruktuur wat sentraal in Witsand staan om sy aanloklikheid en bekoring te behou sodat toerisme en inwoners gelok kan word.
Die Kraaltjie is ’n paar jaar gelede deur Hesequa-munisiplaitiet opgegradeer.
Onlangs is ’n visskoonmaakplek gebou. Dis ook hier waar die inwoners ’n groot rol gespeel het om dit self te doen.
Fondse is van donateurs ingesamel en Wihan en Doerie het die projek gekoördineer tussen mense wat sand, klip, sement en ander benodighede geborg het.
Die visskoonmaakplek by Kraaltjie, Witsand.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'