HESSEQUA NUUS - Die 87,3 mm reën wat die vorige week in die Riversdal-distrik uitgesak het, het die vlak van die Korentepoortdam tot oor 100% gestoot.
Die Duivenhoksdam het met sowat 4% gestyg terwyl die vlakke van Olive Grove en Jongensfonteindam konstant gebly het.
Die jongste stand van damme oor die afgelope tyd is as volg:
8 April
- Korentepoortdam - 84,9%
- Duivenhoksdam - 80,1%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
15 April
- Korentepoortdam - 100,5%
- Duivenhoksdam - 89,5%
- Olive Grove 95%
- Jongensfonteindam -100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’