RIVERSDAL NUUS - Christelle Taylor van Riversdal was gister (Vrydag 22 November) by Spitskop - tussen Buffeljagsriver en Heidelberg - in 'n motorongeluk betrokke.
Sy is gelukkig ongedeerd, maar haar twee hondjies het weggehardloop. Een is reeds gevind, maar Bamby is nog soek. Sy is baie klein en skugter en haar kleur is sjokolade bruin.
Daar is 'n R5000 uitgeloof vir die persoon wat haar vind.
Enigeen wat haar dalk gesien het of weet waar Bamby haar bevind kan vir Christelle op +27 83 641 1599 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’