HEIDELBERG NUUS - Die toekoms van die natuur en die bestuur van klimaatsverandering lê in die hande van ons kinders.
Plaaslike natuurliefhebbers Louise Kluyts en Pat Esau werk hard om 'n groep jonges van volhoubaarheid in die natuur bewus te maak en 'n liefde daarvoor by hulle te kweek.
Die kinders is almal leerders by Kluyts se kunsskool, Starnation. Hulle is touwys gemaak oor tuinuitleg en die belang van inheemse plante en bome. Die voornemende tuiniers het vetplante van hul huise af gebring en dit in die Culla Uys-natuurtuin geplant. Hulle het ook die tuin met mosaïek-trapsteentjies wat hulle self gemaak het, versier.
Die kinders was duidelik entoesiasties oor die taak en het korte mette daarvan gemaak.
Die kleurvolle mosaïeksteentjies.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'