RIVERSDAL NUUS - Kleurvoller, vollediger, prettiger. Só lyk die "nuwe" muurskildery by die dorpsbiblioteek nadat dit Donderdag, 21 April deur twee plaaslike kunstenaars afgerond is.
Marilise Lombard en Angelika Hein het, onder andere, plante eie aan die Hessequa-streek op die muurskildery geverf en dit die Donderdagmiddag nog voltooi.
Die kunswerk by die biblioteek is 'n inisiatief van die Hessequa Kunsroete Riversdal en is in samewerking met die munispaliteit gedoen. Hulle het ook die verf geskenk vir dié projek.
Die kunstenaars het dit gratis gedoen.
Hulle is dit eens dat die kleurvolle muurskildery sal bydra tot die bevordering van kuns en toerisme binne die streek.
Toe die kunstenaars sowat 'n maand gelede met die muurskildery begin het, het dit heelwat positiewe reaksie uitgelok, maar daar was ook negatiewe kommentaar.
'n Anonieme briefskrywer het dit beskryf as "oninklusief en onsensitief" en ook gesê dat dit die biblioteek "na 'n afgeskeepte dagsorgsentrum vir kinders laat lyk."
Dalk kan die voltooide muurskildery nou sy staanplek rustig inneem en besoekers aan die dorp kleurvol verwelkom.
Vorige artikel: Muurskildery nou voltooi
Die drie leerdes van Laerskool Volschenk staan by 'n fotohoekie wat spesiaal deur die kunstenaars geskep is waar besoekers en inwoners 'n foto van hulself by dié muurskildery kan afneem. Van links: Minka Groenewald, Amy Johnson en Khanyo Mzayifani.
Dié muurskildery by die dorpsbiblioteek is verlede Donderdag deur twee plaaslike kunstenaars, Marilise Lombard (links) en Angelika Hein voltooi. Dié kleurvolle skildery beeld, onder andere, die plantegroei eie aan Hessequa uit en sal beslis besoekers se oog vang. Fotos: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'