RIVERSDAL NUUS - Voortslepende bewerings van swak reaksie en optrede tydens huisbrande wat bevraagteken word het weer kop uitgesteek.
Hessequa Munisipaliteit en Eden Distriksmunisipaliteit word nou blameer omdat die huis afgebrand en die eienaar die meeste van haar aardse besittings verloor het.
Adneshel Voss, Hessequa verkeershoof verantwoordelik vir huisbrande noem in antwoord op 'n navraag van die koerant dat Hessequa se brandweerpersoneel binne nege minute op die toneel was nadat die oproep om hulp ontvang is.