HEIDELBERG NUUS - Kindersorg Heidelberg in samewerking met verskeie plaaslike instansies, asook Hessequa munisipaliteit het Donderdag 4 Desember die 16 Dae van Aktivisme-veldtog met 'n optog gevier.
Die verrigtinge het by Diepkloof Jeugsentrum 'n aanvang geneem. Wyksraadslid Gerald Boezak het die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles verteenwoordig. Annelene Hartnick, voormalige wyksraadslid en opvoeder, asook verskeie regeringsdepartemente was aanwesig.
Boezak het die aanwesiges aangemoedig om betrokke te raak.
"Moenie net 'n saamloper wees nie. Die euwel van geweld teen veral vroue en kinders ruk nou hand uit," het hy beklemtoon. Hy het ook die eed om geweld teen vroue en kinders te ondersteun, geteken.
Mariska Stols, maatskaplike werker het gesê dat mense 'n positiewe voorbeeld vir hul kinders moet wees. "Kom ons leer ons seuns om meisies te respekteer deur na ons Christelike beginsels terug te keer om ons gemeenskappe weer gesond te kry."
Gerald Boezak
En die balonne word vrygelaat...
Lede van die Heidel Seniorburgerklub het die optog gelei en hulle as slagoffers van geweld voorgedoen. Na die optog deur die buurt het almal hul handafdrukke op 'n groot wit lap ter ondersteuning van die veldtog gegee.
Wit ballonne is uitgedeel waarop elkeen 'n kort boodskap geskryf het en dit gelyktydig in die lug vrygelaat is.
Die CWP-werkers het ook die veldtog ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'