HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike tak van Kindersorg Suid-Afrika is dringend op soek na vrywilligers om op hul bestuurskomitee te dien.
Soos alombekend, vervul dié instansie ’n baie belangrike rol in die gemeenskap.
Die instansie het verlede jaar nuwe bestuurslede verwelkom, maar verskeie van die verkose lede is weens ander verpligtinge nie meer voltyds betrokke nie.
Die organisasie rig dus ’n dringende versoek aan diegene wat hul weg oopsien om die instansie te ondersteun om dienste beskikbaar te stel.
Volgens die voorsitter, Lester Lovelot, is dit van kardinale belang dat hulle oor ’n sterk en toegewyde bestuurskomitee beskik om hul personeel die volle ondersteuning te gee om hul pligte passievol uit te voer.
Indien daar belangstellendes is kan hulle die kantoor in Hospitaalstraat besoek of 028 722 2396 of 078 788 0876 skakel.
Intussen het die instansie ’n broodnodige hulpbron, ’n nuwe motor in ontvangs geneem. Volgens Lovelot sal die nuwe toevoeging ’n baie groot verskil in hul dienslewering teweeg bring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’