Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Hessequa-brandweer het Sondag 25 Augustus ’n veldbrand bokant Aloeridge, Riversdal blitsig onder beheer gebring.
Volgens omstanders het ‘n groepie jong kinders ou matrasse wat in die veld gelê het, aan die brand gesteek.
Toe die vlamme versprei het die kinders weggehardloop. Inwoners van ’n naburige huis het die brandweer gebel.
Hulle was gou op die toneel en het die brand geblus voor dit deur die sterk wind versprei kon word.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'