Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Met Covid-19 wat steeds verwoesting in ons midde saai, poog die kersfeeskoor, Young Royal Shepherds, van Heidelberg om families te troos wat geliefdes aan die dood afgestaan het.
Op Sondag, 29 Augustus het koorlede onder leiding van Jason Pieterse besluit dis tyd is om 'n bietjie musikale troos aan families te bied wat deur moeilike tye gaan.
Hulle het vyf families besoek wat die afgelope paar dae 'n geliefde aan die dood afgestaan het.
Pieterse sê mense kry baie swaar en die koor sal graag weekliks hul musiek aan bedroefde families wil bring, maar dit hang af van die beperkings wat van toepassing is.
"Ons weet dat dit nie die verliese sal laat verdwyn nie, maar ons glo dat ons sang en musiek 'n bietjie vertroosting sal verskaf en hopelik 'n mate van gemoedsrus sal bring."
Kyk 'n video hieronder:
Video: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'