STILBAAI NUUS - Die NSRI se noodhulpkaste by verskeie strande op dié kusdorp word gereeld gevandaliseer. Die kassie by die westelike strand by Skuitpad is onlangs oopgebreek en die inhoud verwyder.
Die noodsaaklike inhoud van die kassies speel 'n uiters belangrike rol wanneer dit gebruik moet word in die geval van 'n haaiaanval. Aangesien die NSRI 'n vrywilliger-organisasie is, is daar nie geld om die inhoud te vervang nie.
Danksy skenkings van Die Lapskuit-restaurant se eienaar, Allan Bird en Karen Hassle van Muir-woonstelle is twee stelle noodhulpitems vir dié Shark Attack-kassies nou weer beskikbaar.
'n Beroep word op die publiek gedoen om nié die kassies te vandaliseer nie, omdat die inhoud die verskil tussen lewe en dood kan beteken.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'