HEIDELBERG NUUS - Die 30-jarige verjaarsdagvieringe van Kairos Senior Sekondêre Skool het vanoggend (Donderdag 18 April) op 'n hoë en feestelike atmosfeer afgeskop.
Dié skool, wat vir vele Heidelbergers destyds net 'n droom was, het op 18 April 1994 'n werklikheid geword.
Vele gaste waaronder oudskoolhoofde soos Cynthia Roberts, Moses Baartman en die mees onlangse hoof, Vivian Prins, asook oudopvoeders, oudleerders en oud nie-doserende personeel het die verrigtinge bygewoon.
Die vieringe strek tot en met 27 April.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’