HEIDELBERG NUUS - 'n Man van Kaapstad is Donderdag 15 Augustus op die N2 gearresteer na hy in besit van 'n gesteelde voertuig betrap is.
Die beskuldigde, Vusumzi Sixakaza (31) is met die wit Toyota Tazz, wat glo in Muizenberg gesteel is, vasgetrek.
Hy het Maandag 19 Augustus op aanklag van motordiefstal in die plaaslike hof verskyn.
Die saak is tot Maandag 26 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Hy bly in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'