HEIDELBERG NUUS - Dié dorp is vanoggend weer in skok gedompel na die noodlottige dood van nóg 'n jongman.
Volgens beskikbare inligting is die 39-jarige, Pieter John Oktober, glo met 'n skerp voorwerp in sy motor aangeval. Hy het na bewering uit sy motor gevlug huis toe, maar het enkele meters van sy ouerhuis in Joe Slovo Park, Heidelberg, inmekaargesak.
Ambulanspraktisyns het hom op die toneel dood verklaar.
'n 22-Jarige man is later vanoggend op aanklag van moord in hegtenis geneem en sal Maandagoggend in die plaaslike landdroshof verskyn.
Die voorval het glo kort ná 06:00 by die ou tennisbaan plaasgevind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’