HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit versoek inwoners en besighede om hul vullis as volg te hanteer:
- Besigheidsvullis mag slegs uitgeplaas word op die dag van verwydering en in goedgekeurde houers.
- Honde moet op die perseel aangehou word en nie toegelaat word om vrylik rond te loop nie.
- Besighede wat oor voedsel-reste beskik moet dit in 'n goedgekeurde vullishouer plaas apart van algemene vullis.
- Massahouers wat in woonbuurtes en in landelike areas uitgeplaas is mag slegs gebruik word vir plasing van normale huishoudelike en besigheidsafval. Geen dooie diere, gevaarhoudende stowwe of meubels mag in die houers geplaas word nie.
- Instruksies op kennisgewingborde moet streng nagekom word.
Die munisipaliteit doen 'n ernstige beroep op inwoners om hul wonings, woonareas en besighede te alle tye skoon te hou.
Dis belangrik dat vullis slegs uitgeplaas mag word op die dag van verwydering vóór 08:00 die oggend.
Geen straatdromme mag ook vir besigheidssvullis gebruik word nie.
Die publiek word versoek om vandalisme en onwettige rommelstortings onmiddellik aan te meld by die naaste munisipale kantoor of polisiestasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’