STILBAAI NUUS - Die getroue uitroeiers van indringerplante in en om Stilbaai gaan Saterdag 8 Junie die kapmesse uithaal.
Hulle kom 08:00 op die oostelike oewer bymekaar by die toilette naby die mond en vra dat alle belangstellendes hulle sae en kapmesse sal uithaal, beskermende klere aantrek en net vir 2 ure kom help kap en uitroei.
Behalwe vir die noodsaaklike uitroei van die indringerplante is dit natuurlik ook baie goeie oefening.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’