Breaking News
ALBERTINIA NUUS - Die gemeenskap se hulp word dringend benodig in verband met ‘n gewapende roof wat vroeër vanmiddag in Albertinia plaasgevind het.
Twee bruin mans het met ‘n blou Toyota, glo nog die ‘boks’-soort, by ‘n inwoner stilgehou wat in Langstraat gestap het. Hulle het ‘n vuurwapen op hom gerig en gevra dat hy sy selfoon en alles wat hy op hom gehad het, aan hulle oorhandig en daarmee op vlug geslaan.
Die voorval het om ongeveer 13:10 plaasgevind.
Enigiemand wat die voertuig opmerk of enige inligting kan verskaf, word gevra om konst Deon Jansen of sers René Jantjies te skakel (028 735 8054/079 894 1615). Alle inligting sal vertroulik wees. Die polisie vra inwoners om nie die persone self te konfronteer nie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'