ALBERTINIA NUUS - Vanie Oosthuizen van Albertinia-meubelvervoer en eienaar van Superfine Pigment Colours het verf aan behoeftige huiseienaars in Theronsville geborg.
Oosthuizen vertel dat Koos Pieterse, voorsitter van die DA se Albertinia-tak (Wyk 2), hom hieroor genader het. Hy het ingestem en 'n nuwe verf, wat in Albertinia ontwikkel word, vir die projek beskikbaar gestel.
Emily Lucas, eienaar van die huis geleë in Vleiloeriestraat, is baie opgewonde oor die projek en dat haar huis eerste is wat met die nuwe verf geverf word. Die bokant van die deur moes eers versterk word met nuwe latei (lintels) en bakstene en 'n opening aan die kant van die huis is toegebou voor die verfwerk kon begin.
Oosthuizen het die okermyn, wat in die 1930's begin het, so twee jaar gelede teruggekoop en het ongeveer 'n jaar gelede begin om nuwe verwe te produseer. Hy is bereid om alle behoeftige huiseienaars te help om verf aan hulle te skenk. 'n Borg word gesoek vir vensters en deure, om stukkendes te vervang.
Vir meer inligting kontak Pietese by 082 291 7439.
Die deur voor dit herstel en geverf is. Foto's: Jeff Gibson, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'