ALBERTINIA NUUS - Isolabatwana beteken "oog op die kind" en dis hoekom Kindersorg Albertinia besluit het om nege gemeenskaplede van die dorp in 'n projek met dieselfde naam op te lei.
Die Oog op die kind-projek is in samewerking met maatskaplike werkers gedoen om die veiligheid en beskerming van kinders te prioritiseer.
Vrywilligers het tussen 31 Januarie en 3 Februarie opleiding ondergaan waar hulle deur middel van teorieë en realiteitsituasies bemagtig is om met kinders en families te werk waar maatskaplike probleme voorkom.
Die vrywilligers sal 'n diens na-ure aan kinders en gesinne lewer met die hoofdoel om voorkoming van hoë verwyderingssyfers te probeer verhoed.
Hulle sal ook deurlopend deur professionele beamptes, supervisie en monitoring in hierdie diens ontvang.
Die vrywilligers is op Donderdag, 24 Maart ingehuldig om hierdie diens te kan lewer. Die professionele span van Kindersorg Albertinia is bereid om die vrywilligers voortdurend te bemagtig.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'