JONGENSFONTEIN NUUS - Hoofstraat in Jongensfontein het erge skade tydens 'n storm weke gelede opgedoen.
By navraag aan die departement van vervoer en openbare werke oor wanneer herstelwerk en opgradering gaan begin, het Jandré Bakker, hoof van kommunikasie gesê dat die departement onlangs die omgewingsgoedkeuring vir die werke op die Jongensfontein glip op Hoofpad 331 ontvang het.
"Die projek is tans in ontwerpfase. Die ontwerp oplossing behoort teen 7 Julie vanjaar voltooi te wees, waarna ons met die werke sal begin. Afhangend van eksterne faktore wat kan wissel van weersomstandighede tot veranderinge in inperkingsmaatreëls, behoort die projek drie tot vier maande te duur."
Volgens Bakker sal die finale voltooiing verder afhang van die kompleksiteit van werke.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'