RIVERSDAL NUUS - Die tradisionele Oakdale-jeugweek is vanaf 5 tot 9 Februarie deur mnr. Hennie van Vreden van Jeffreysbaai aangebied.
Daar is spesifiek gefokus op die hart van 'n man met die tema Ready for Battle.
Die hoogtepunt van die week was die aanbieding vir die pa-en-seun-aand.
Die Oakdale-terrein is Donderdagaand omskep in 'n see van tente toe ongeveer 300 pa's en oupas daar oornag het.
Die skool lê in die besonder klem op die uitbouing van hegte gesinsbande en bevorder gesonde verhoudings tussen pa's en seuns.
Drie geslagte bou saam aan 'n familietoekoms om 'n verskil te maak. Hennie van Vreden het die harte van die manne aangeraak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'