RIVERSDAL SKOLE NUUS - Die o.19A-, o.16A-, o.15A- en o.14A-rugbyspanne neem vanaf 2 tot 4 Mei aan dié gesogte rugbytoernooi op Kimberley deel.
Die toernooi, wat die top 20 rugbyskole in die land huisves, is 'n vertoonvenster vir skolerugby.
Alle o.19-wedstryde word lewendig gestroom op DigiTV.
Die o.19A-span sal teen die spanne van Hoërskole Garsfontein en Menlopark uitdraf, terwyl die ander spanne hul staal teen Hoërskole Waterkloof en Menlopark sal wys.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'