RIVERSDAL SKOLE NUUS - Die skool se gesogte jeugweek het van Maandag 28 tot Donderdag 31 Januarie plaasgevind.
Neil Olwagen het elkeen op 'n ontdekkingsreis oor wie Jesus is en wat Hy vir elkeen beplan, geneem. Lofprysing is onder leiding van die Leef-gemeente aangebied.
Een van die hoogtepunte van die week was die pa-en-seun-geleentheid wat Donderdagaand plaasgevind het. Ongeveer 250 pa's het op die B-rugbyveld saam met hul seuns kamp opgeslaan en die aand saam deurgebring. Selfs van die oupas was ook daar.
Die jeugweek is Vrydagoggend met 'n manne-ontbyt afgesluit. Olwagen het die pa's daarop gewys dat hul voorbeeld en ondersteuning vir hul seuns die regte rigting sal aanwys.
Oakdale is dankbaar vir die NG Kerk Riversdal-Wes se finansiële bydrae om die week 'n sukses te maak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'