Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Persone wat positief getoets word vir MIV/VIGS-berader, kan ’n gesonde lewe lei.
Dit was MIV-berader Doreen Weber se boodskap aan polisielede wat Donderdag 16 Mei die 36ste internasionale herdenkingsdag vir persone wat aan Vigs gesterf het, by Riversdal-polisiekantoor gehou het.
Volgens Weber hoef MIV nie ’n doodsvonnis te wees nie indien die geïnfekteerde persoon erken dat hy/sy besmet is, bereid is om behandeling te ondergaan en ’n gesonde leefstyl met voedsame kos en geen rook of drank handhaaf.
Maar daar is verskeie faktore wat behandeling bemoeilik en veroorsaak dat die virus versprei.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'