HEIDELBERG NUUS - Die langverwagte derby tussen die mede verdedigende kampioene, Heidelberg-rugbyklub en Seagulls van Melkhoutfontein, word môre (Saterdag) ’n realiteit wat die rugbykoors hoog laat loop.
Wat veral die tonge aan die rol het, is die verwagte tweestryd tussen die afrigtingspanne en veral tussen die twee klubs se direkteure van afrigting.
Aan Heibi kant is dit Fernell Pretorius, voormalige veelsydige en bulvoorspeler en aan Seagulls se kant is dit Johan Erasmus, voormalige Heibi-haker en hoofafrigter.
Pretorius het onder Erasmus se mentorskap en leiding uitgeblink as speler.
Alhoewel Heibi as gunsteling die veld sal betree, sal dit ’n groot fout wees as hulle die seevoëls van Stilbaai onderskat.
’n Groot skare word verwag en kan beide spanne se fanatiese ondersteuners hulself voorberei vir harde, maar dog opwindende hardlooprugby.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’