HESSEQUA NUUS - Stilbaai-polisie herinner die publiek aan die reëls vir die hernuwing van vuurwapenlisensies.
Volgens stasiebevelvoerder kapt. Johan van Tonder moet persone wie se lisensies verval, 90 dae voor die vervaldatum reeds 'n afspraak by hul plaaslike vuurwapenbeampte maak om aansoek vir hernuwing te doen.
Iemand wie se lisensie en bevoegdheidsertifikaat reeds verval het en wat tydens die amnestieperode die wapen by die polisie ingehandig het, het slegs 14 dae vanaf datum van inhandiging tyd om weer vir die betrokke wapen aansoek te doen.
Inwoners van Riversdal wat hul wapens op Stilbaai ingehandig het, moet hul aansoek op Riversdal bring en nie op Stilbaai nie.
Afsprake vir Stilbaai-polisie kan by Mariska van Dalen by 028 754 6107 gemaak word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'