RIVERSDAL NUUS - Baie mense se lewens het radikaal verander tydens 'n herlewingskonferensie wat deur Southland Ministries vanaf 14 tot 16 Augustus in Riversdal se ouditorium aangebied is.
Volgens past. Bernard Pieters het verskeie mense hulle harte vir die eerste keer, en ander weer opnuut vir Jesus gegee. "Ons eer God daarvoor," het hy gesê.
Evangelis Tamryn Klintworth het die Woord by die konferensie bedien, wat sy hoofsaaklik in Afrikalande doen waar skares Jesus vir die eerste keer aanneem.
Pieters is opgewonde oor die volgende konferensie in Riversdal wat binnekort aangekondig sal word. Kontak hom by 084 212 8000 of southlandrevival@gmail.com met enige navrae.
Tevrede met 'n suksesvolle herlewingskonferensie. Van links is evangelis Tamryn Klintworth, past. Bernard en René Pieters van Southland Ministries, asook André Klintworth.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'