HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie het 'n beroep op inwoners gedoen om te help om 'n onbekende man, wie se liggaam vroegoggend aan 'n boom in die middedorp gevind is, te help identifiseer.
Omstanders op die toneel by die NG-kerk in die middedorp het aan Suid-Kaap Forum vertel iemand het vanoggend (Maandag 1 April) op die liggaam afgekom en die polisie ontbied.
Dit wil voorkom of dit 'n buitelander of iemand van buite die distrik is, aangesien niemand op die toneel die persoon herken het nie.
Enigiemand wat dalk 'n familielid, vriend of 'n werkskollega vermis, word versoek om met die plaaslike polisie kontak te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’