STILBAAI NUUS - Die De Beer-gesin van Stilbaai is hartseer oor hul groot verlies. Hul 5-jarige worshondjie, Toffie, is van gister (Maandag 8 April) af soek.
Die gesin bly in Strandloperlaan naby die hawe gebied en hulle vra inwoners om asseblief of die uitkyk te wees vir Toffie.
Corné het aan Suid-Kaap Forum vertel Toffie is eintlik hul 12-jarige seun, Carlo, se beste maatjie, maar sy is ook die groot liefde van die hegte gesin.
Indien iemand haar gewaar kan die De Beer's gekontak word. Toffie het 'n bandjie om haar nek met Corné se nommer ( 082 953 3229) op. Alternatiewelik kan Peet op 079 4913 112 gebel word.
Corné sê Toffie is baie vriendelik en sal na enigeen gaan wat haar roep of aandag wil gee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’