Gallery
HESSEQUA NUUS - Vandag, 20 Mei, is Wêreldbyedag. Bye maak nie net heuning nie, maar het nog ’n belangriker taak in die bestuiwing van sowat 75% van landbougewasse.
Dit sluit sowat 87 voedselprodukte soos vrugte, groente, neute, oliesade en bessies in.
Die ander landbougewasse steun op wind- en selfbestuiwing. ’n Gebrek aan voeding is die bye se grootste probleem buiten droogtes, veldbrande en byesiektes.
Die mens hou ook ’n bedreiging vir bye in omdat hulle die bye se habitat vernietig en hulle met plaag- en insekdoders doodmaak.
Jy kan bye help oorleef deur blomplante in jou tuin te kweek en gif oordeelkundig te gebruik, indien wel.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Cape Honeysuckle.
Gazania.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'