HEIDELBERG NUUS - As jy graag iemand anders wil help en selfs ‘n lewe wil help red, is die oplossing eenvoudig: Gaan skenk bloed.
Heidelbergers is volgende aan die beurt en kan op 31 Mei vanaf 12:00 - 17:30 in die burgersentrum hul deel gaan doen.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'