HEIDELBERG NUUS - Inwoners in die Heidelberg-distrik moet kennis neem dat die poskantoor vanaf Donderdag 19 tot Dinsdag 24 September gesluit sal wees.
Dienste sal weer op Woensdag 25 September hervat word.
Die poskantoor en sy personeel vra om verskoning vir die toedrag van sake. As gevolg van die poskantoor se herstrukturering, moet die personeellede tans hul ongebruikte verlof neem.
"Aangesien daar personeelverminderings by alle poskantore plaasvind, is daar nie tydelike personeel wat soos voorheen ingespan kon word nie."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’