HEIDELBERG NUUS - Dié dorp se spogproduk, Heidelberg-rugbyklub, oftewel Heibi soos hulle alombekend is, het Vrydagaand, 8 Mei, hul jaarlikse Mnr. en Mej. Heibi Modeskou in die Duivenhoks-gemeenskapsaal aangebied.
Nie eers die koue weer het die hordes lojale Heibi-ondersteuners vanaf die verrigtinge weggehou nie.
Die beoordelaars was Mareschal Loock, Shané du Preez, Ricardo Tauté en Whillestio May.
Aan vernuf en talent was daar vir seker geen te kort op die loopplank nie, nog minder aan geesdrif onder die deelnemers se fanatiese ondersteuners nie.
Die saal was deurgaans met 'n oorverdowende applous gevul.
Dit was duidelik dat die beoordelaars 'n baie moeilike taak op hande gehad het.
Heibi se kaptein en senter, Jason Liebenberg, met die louere as Mnr. Heibi weggestap, gevolg deur Joshua Swart, eerste prins, en Corbin Swartbooi, tweede prins.
Tanzinay du Toit het as Mej. Heibi met die louere weggestap, gevolg deur Quiné Abrahams as eerste prinses en Caitlin Mduma as tweede prinses.
Die flambojante Bonita van Niekerk is as Mamma Heibi gekroon, met Sanel Paige as eerste prinses, en Wilhelmina Roberts, as tweede prinses.
Luvina Damon, reëlingskomiteekoör-dineerder, het haar tevredenheid met die opkoms en ondersteuning van die lojale ondersteuners uitgespreek.
Sy het ook al die borge bedank wat so mildelik bygedra het tot die sukses van die verrigtinge uitgespreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’