Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - André du Toit van Riversdal glo groter groente is smaakliker.
Du Toit plant al van kleins af op die plaas groente en vir hom is dit ‘n tweede lewensstyl.
Hy vertel hy plant enigiets en dit sal abnormaal groot groei.
Die kompos speel ‘n groot rol en is baie belangrik in sy suksesverhaal.
Du Toit het Maandag, 9 November met ‘n geel beet van 1,8kg gespog.
Kyk 'n video hieronder:
•Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'