RIVERSDAL NUUS - Anneline Kistoor van Brakfontein-biblioteek en leerders van Brakfontein Primêr het hul liefde en omgee vir diere getoon deur op 30 Augustus ongeveer 80 kg-dierekos aan Riversdal se Community Animal Rescue Society (CARS) te skenk.
Sandra Lotz het die skool besoek om die skenking namens CARS te ontvang waarna sy die leerders toegespreek en hulle meer vertel het oor hoe om na hul troeteldiere om te sien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’