HESSEQUA NUUS - 'n Gratis nuwe selfoontoepassing, Lost & Hound, help eienaars om met hul verlore troeteldiere herenig te word.
Die toep help jou om 'n verlore troeteldier of sy baas te vind deur 'n foto en beskrywing daarop te plaas en te sê waar die dier weggeraak of gevind is. Jy kan ook tot 30 km ver in alle rigtings na jou dier soek.
Wanneer iemand 'n hond of 'n kat vind en jy dink dis dalk joune, kan jy direk met die persoon kontak maak en met foto's of video's seker maak.
"Ons het besef daar is 'n behoefte aan so 'n diens," sê Ed Wrede, besturende direkteur van Empire State, die sagteware-maatskappy wat die toep ontwikkel het.
"Die toep is geskik vir privaat persone en veeartse of dierewelsynsorganisasies. Soms bly diere lank in pleegsorg omdat die eienaars nie op die regte plekke na hulle soek nie." Hy meen dit sal die druk op sosiale media-platforms, wat oorlaai word met foto's en inligting van verlore- en gevonde diere, verlig.
Die toepassing is beskikbaar op Google Play en Apple App-winkels en al wat jy nodig het om dit af te laai is 'n e-posadres of 'n Facebook-rekening. Vind meer uit by hello@lostandhound.co.za of die webtuiste https://lostandhound.co.za/
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'