Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Saterdag 3 November ’n gemeenskapsfunksie by die burger- en Thusong-sentrum aangebied.
Oud en jonk kon dit bywoon, maar dit is veral die kinders wat dit geniet het.
Die belangrikheid van die polisie, plaas- en buurtwagte, sowel die GPF is aan die gehoor verduidelik. Uitgesoekte behoeftige kinders het opgewonde begin lag toe Kersvader ook ’n draai kom maak het.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'