GOURITSMOND NUUSFLITS - Vir die afgelope 16 maande het die Gouritsrivier geen water binnelands gehad nie.
Nou, na goeie reën veral in die Wydersrivier se opvangsgebied, is dit weer aan't vloeie.
Die opvangsgebied vir die rivier is sowat 45 000 vierkante kilometer groot, maar die afgelope goeie reën is beperk tot die westelike deel hiervan.
Volgens plaaslike boere was die rivier 'diep droog' en om dit te sien vloei, beteken dat daar baie water ingestroom het.
Terwyl die boere en inwoners langs die rivier verheug is oor die huidige toestand, is hulle bekommerd dat die kosbare water in die see gestort word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: JEFF GIBSON, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'