Gallery
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende April verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan Tabeel, asook ons gereelde maandelikse borg, The Blinds Factory, albei besighede van Stilbaai, vir skenkings.
Enige skenking soos onder meer waslappe, wassponse, seep, babapoeier, lyfroom, musse, handskoene, nie-bederfbare produkte, kouse, sakdoeke, sagte lekkers (klein pakkies) en koekies is welkom. Dit hoef nie groot hoeveelhede te wees nie - elke enkele item help ons om met die projek vol te hou.
Skenkings kan by ons kantoor in Heidelbergweg 29, Riversdal afgelaai word of skakel ons by 028 713 2468 gedurende kantoorure sodat ons kan reël om dit by u af te haal.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'